Om geboelie te word by n skool of kleuterskool is seker een van die ergste dinge wat jou kind kan deur maak.

Voor jy jou kind in skryf by enige Kleuterskool, Laerskool of Hoërskool vra uit of hulle n “Boelie beleid” in plek het.

Luister as jou kind met jou praat, moet nooit iets af maak as “niks” nie; ja  ek weet hulle vertel duisende stories, maar sommige stories moet waarskuwings klokkies lui!!

Let op na die volgende waarskuwings tekens dat jou kind dalk geboelie word by die skool:

– Eweskielik vertel jou kleuter vir jou op n daaglikse basis dat iemand dit of dat aan hom of haar gedoen het.

–  Merke, krapmerke of kneusings wat daagliks veskyn.

– Verandering in eet gewoontes en slaap roetine

– Baie honger as hy of sy by huis kom

– Skool boeke, snoepie geld, kosblikke, skool klere verdwyn.

– Wil nie meer saam op bus of rygeleentheid ry nie

– Gebruik glad nie meer skool badkamer nie

– Bed nat maak

– Het minder maatjies

– Weier om skool toe te gaan

– Punte daal drasties in vakke

– Praat van self moord

– Raak hartseer vir geen rede

– Wat is sy haar gemoedstoestand as hulle van skool af kom? As jy jou kind goed ken sal jy onmiddelik weet as iets verkeerd is

Vra direkte vrae

Jy is altyd honger deel jy jou kosblik met iemand?

– Waar het jy geval by die skool?

– Jou kleurbaadjie is geskeur waar het jy hom vas gehak?

n Kind wat net stil bly en jou nie antwoord nie moet ernstig op geneem word.

Ops my volgende webjoernaal deel ek wat om te doen as jy dink jou kind word geboelie.