Dit hang af van n kind se ouderdom, wat jou reaksie gaan wees oor optrede teenoor n boelie. Maar die belangrikste is dat jy aksie neem en nie net dit daar los nie.

Waar kleuters betrokke is, is dit dalk makliker om op te tree.

Bespreek dit onmiddelik met die personeel by die skool wanneer jy jou kind op tel of aflaai.

Vra jou kind elke dag uit of daar iets by skool gebeur het.

Laerskool en Hoerskool kan dalk nie so maklik wees nie, omdat jou kind nie wil he jy moet optree nie, uit vrees dat dit die situasie gaan vereger.

Kontak jou kind se klas onderwyser, Graad Hoof of Hoof van skool. Maak n afspraak met Skoolhoof en bespreek dit. Skryf n epos en bring dit onder skool se aandag. Sou skool nie optree nie het jy n bewys dat jy dit onder hulle aandag gebring het, sou daar iets drasties verkeerd gaan. Kontak boelie se ouers as skool nie op tree nie, maar gewoonlik wil n boelie se ouers nie glo dat hulle kind tot so iets in staat is nie.

Verwyder jou kind uit skool as dit aan hou. Dit klink  dalk drasties, maar jou kind se hele menswees word geaffekteer deur n boelie!!