In ons besige lewe van werk toe jaag, kinders optel en aflaai by skool, huis hou en kos maak wil ‘n mens nie nog hoor hoe belangrik dit is, om elke dag net n paar minute af te knyp en individuele aandag aan elke kind te gee nie … en ja, jy lees reg, INDIVIDUELE aandag aan elke kleinding, al is daar 4 van hulle..

Met n klein bietjie beplanning en om tyd te maak vir jou kind se doen en late, kan jy jou kind help ontwikkel in n standvastige en emosionele intellegente kind.

– Kinders leer n taal aan deur middle van gesels – Gesels met jou kind terwyl jy besig is om iets in en om die huis te doen.

– Luister na sy vrae en antwoord dit al wil jy mal word oor die “maar hoekom”.

– Kinders leer deur hulle sintuie – so laat hulle jou kos proe, praat oor tekstuur van kos, is dit sout soet ens, terwyl jy kook.

– Laat hulle luister na musiek- bespreek dit, is dit hard,sag,vinnig,kalm ens.

– Al vat dit n bietjie langer, as jy huis take doen, laat kleinding toe om jou te help

– Een van die belangrikste aktiwiteite vir alle ouderdom groepe,is om te lees!! As kleinding klaar gebad is en in sy bedjie lê of op jou skoot op krul, n storie te lees vir sy of haar ouderdom. ‘n Kalm manier of ritueel om n besige dag af te sluit en dit gee n gevoel van “belangrikheid”. Ek is belangrik vir mamma en pappa elke aand maak hulle tyd om net vir my n storie te lees. Ek wil nie eers begin om te praat oor hoe belangril lees vir enige kind is nie…

Loer terug Vrydag oggend vir meer, ons praat oor speel.