Deur te speel, leer n kind. Verskillende ouderdomme speel veskillende speletjies. As kinders speel, ontdek hulle hulself en sodoende ontwikkel hulle. Daar is faktore wat speel kan beinvloed, soos sy ouderdom, sy persoonlikheid, intellegensie en daarom is dit belangrik om n atmosfeer by die huis te skep waarin my kind kan ontwikkel, groei en leer.

– In die eerste paar maande van ontwikkeling is jou baba se beste speel maat sy mamma of papa of versorger.

– Teen 3 maande begin hulle na stimulasie soek. Mobiles, spieels, musiek speelgoed, enige iets wat stimulasie aan te wakker kan gebruik word.

– Sodra baba begin kruip, leer hulle deur ‘trial en error’. Sit alle gevaarlike goed weg en maak jou huis n plek van ontdekking, sit potte en panne uit, bokse, squeeky speel goed ens.

– As hulle begin loop wil hulle kan klim en klouter. Groot motoriese ontwikkling is die mees belangrikste deel van jou kind se ontwikkeling.

– Stap buite rond, gooi n bal, loop teen n heuwel op, klim trappe hand aan hand.

– 2 jaar oue kinders begin mense te aap , soos om haar pop te voer of om te skeer soos pappa.

– Ongeveer 3 jaar oud begin kinders te sosialiseer en dis belangrik om hulle te help ontwikkel deur die konsep van deel, kom ons maak beurte, aan te leer. Dis ook belangrik om nou speel tyd te beplan saam met ander maatjies, veral as jou kleinding nie na ‘n kleuterskool toe gaan nie.

– Gewoonlik op die ouderdom van 4 en 5 jaar het hulle al n “spesiale” maatjie. Hulle begin dan ook om hulle eie reels te maak vir hulle speletjie en begin om te kompenteer met mekaar.

Speel is n baie belangrike bonding tyd. As jy as ouer tyd maak om met jou kind te speel sê dit vir hom dat hy of sy belangrik is in jou oë.

Maandag sal ek nog idees deel oor hoe om met jou kind te speel.