Dis n vraag wat nogal gereeld op duik by kollegas en my vriende kring.

Eerlike antwoord; ek weet nie!!

My ouma het altyd gese: Deidre gaan net pop speel in haar lewe en my skoonma het gese ek het nooit groot geword nie.

Daar is iets in n kind wat my trek. Die potensiaal van n kind. Wat jy as ouer, hoof in sit in n kind is ‘for life’! Die satisfaksie wat ek kry om deur te dring na n “moelike” kind kan ek nie beskryf nie. Om elke dag al die maatjies se drukkies en stories te hoor is voorreg wat duisende mense nie het nie.

Ons het die vooreg gehad om vir n ruk n outistiese seuntjie in ons skool te he, net om hom te kry om te eet was n uitdaging. Die dag toe hy by my begin eet het was meeste van ons in trane (en ja ek het met sy bakkie kos oral agter hom aan geloop, maar hy het geeet!)

Ek glo n groot mens is n produk van sy skool, sy ouers en die samelewing. Om deel te kan wees van n klein mensie se ontwikkeling, om seker te maak dat elke maatjie ontwikkel, gestimuleer word, veilig en gelukkig is in my skool is my eerste prioriteit.

En ja party dae wil ek weg hardloop – Ouers en personeel gee my grys hare maar dan more is nog n dag met n skool vol kinders wat weet : Teacher Deidre het n hout oog wat alles sien en hoor!!

Eerlike antwoord, Dit is vir my lekker om n kleuterskool te hê!

Almal weet my baba kamer is my gunsteling plek en dat ek teen Oktober maand wens dat al die GR 0 kinders al in GR1 is, maar elke dag bied nuwe uitdagings van my kinders, my personeel en my ouers en ek streef daar na om almal tevrede te hou.

Dan die belangrikste om n hoof of eienaar van n kleuterskool te wees, is my personeel. Elke ene het ek uit gesoek en sonder hulle, wat elke dag 100 persent gee, of hul siek ontsteld is of nie lus is om te werk nie, hulle is daar en werk nog harder as ek om n sukses van ons kleuterskool te maak.