‘n Paar aktiwiteite wat jy as ouer kan doen om n spesiale oomblik in die dag te skep tussen jou en jou kleinding:

– Neem jou baba op n toer deur die huis en tuin.

– Vat aan stoele, gordyne ens en gesels daaroor.

– Sing liedjies terwyl baba by jou sit as jy kos kook.

– Doen massering van handjies en voetjies na bad tyd.

– Vir jou kleuter steek iets weg soos kaas in kombuis en vra hom of haar om jou te help soek vir dit

– Sorteer vurke en lepels by mekaar

– Laat hulle help klits of roer aan jou kos maak proses.

– Gee plastiese houers om deksels op en af te sit.

– Pussels, klei by jou te sit op vloer waar jy op jou reeknaar werk

– Stacking speelgoed, trek mamma se klere en skoene aan – speel skool skool op trappe..

– Ou tydskrifte maak n wonderlike middel, om prente te soek,te skeur en te leer knip.

– Ouer kind kan help wasgoed sorteer.

– Wasgoed pennetjies aan n plastiese houer sit.

– Speel wegkruipertjie.

– Laat jou 4 jarige toe om te help skottelgoed was.

– Of om sy boetie of sussie te help bad of bottle gee

– Leer hulle hoe om speelgoed weg te pak na speel tyd.

– Hou al jou plastiese bottles of pap bokse vir konstruksie tyd.

– Maak n sandpit buite en klim saam met jou kind daarin, gee voor julle is by die see en bou sandkastele

– Neem n eenvoudige plat houer gooi water in,kleur dit, kyk wat kan sink en dryf in die water

– Maak jou eie skuim borrels met skottelgoed seep.

Die lys is lank en ek kan nog vir ewige aan gaan met idees maar die belangrikste is,speel,lees en doen ALLES saam met jou kind..

MAAK TYD VIR JOU KIND!!!!!!