Weet eerstens jy is nie alleen nie. Daar is duisende ouers wat met dieselfde probleem sit en almal se kinders word grootmense by ”hook or crook!!”

Maar n kleuter wat n bord kos net weg stoot of sy lippe snoer dat geen teelepel of vurkie kan in nie, dryf enige ouer tot rasenery.

Wat maak ek?

Respekteer jou kind! Moenie eetenstyd in n oorlogs veld omskep nie. Ek glo tot en met 2 jaar. is jy as mamma verantwoordelik om jou kind te kry om te eet, daarna is jy verantwoordelik om kos voorte berei en aan te bied. Onthou weiering om kos te eet is van die eerste stappe in “myself ontdek”- ook dissipline want wat gaan mamma nou doen??

– Gee kos op selfde tye elke dag en sny groente fyn en steek weg in n sous.

– Broccoli of ons “monster” groen groentes, bied dit aan saam met n doop sous.

– Maak n huisie, gesiigie, ens in bord, wees kreatief.

– Neem jou kind saam winkels toe, en laat hom/haar help kos uit soek, wat julle dan ook saam kan voorberei.

– Moenie n spesiale ete voorberei vir jou kind wat nie die ander familielede se kos wil eet nie – dit gee aanleiding vir ”picky eaters”

– Sit saam as n gesin by n eetkamer tafel. Televisie en,elektroniese speletjies lei hulle aandag af van eet.

– Leer jou kind basiese tafelmaniere, ek kan daagliks sien watter kinders le op hul magies voor tv en eet, en watter sit aan by n tafel. ‘n Tradisie van saam eet as n gesin gee tyd om met mekaar te praat oor wat alles in die dag by skool en werk gebeur het. Etentstyd word dan iets om na uit te sien want jou kind weet dit is ons spesiale tyd saam met mamma en pappa.

– Offer 100 persent vrugtesap en volroom melk aan tydens ete, maar water gedurende die dag.

– Moenie nagereg weerhou van jou kind nie – dit skep die idée dat nagereg is die beste kos. Kies een of 2 dae vir nagereg.

– Weet watse kos word aan gebied by jou skool – middagete kan sy hoof maal wees by sy skool of dag ma en dan het hy werklik net iets ligs nodig om te eet vir aandete.

Ek se altyd vir ons maatjies by skool net 5 happies – probeer dit net! Kyk na jou kind se vuissie. Dit is die grote van sy magie. Kan hy nou werklik n groot bord kos gedwing word om op te eet??